• Mount Africa
    • Mount Africa

    • Krakeel
    • Guest Houses, Cottages / Chalets
    • Max Guests: 6
    • from R 500 *UNIT


Mount Africa gaste plaas se prioriteit lê by die rustieke, onbesoedelde vlieghengel en buiteluglewe. Die selfsorg-eenheid is op die plaas Rockville geleë, presies tussen George, Oudtshoorn, Knysna en Port Elizabeth in die pragtige Langkloof vallei, op die R62 roete. Hierdie rustige omgewing is slegs 4km (grondpad) vanaf die hoofpad, met die pragtige Kougaberge in die noorde en die Tsitsikammaberge in die suide. GPS: 33˚49’48.63”S en 23˚46’38.86”E AKKOMMODASIE: Knus 6 bed selfsorg eenheid met twee badkamers, oopplan kombuis, sit- en eetkamer en onderdak parkering. Braai-geriewe en heerlike stoep om die sonsopkoms dop te hou. Toestelle en geriewe soos 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, linne, elektriesekomberse (in die winter), handoeke is beskikbaar. Braaihout beskikbaar. AKTIWITEITE: Vlieghengel is net so elegant om dop te hou as om dit te beoefen. Die hengel van Reënboog Forel en Swartbars word heeljaar aangebied. Ons fasiliteite maak voorsiening vir vlieghengel en kunsaashengel, van die beginner tot die ervare professionele hengelaar. Die plaas bied ander aktiwiteite soos stap, piekniek, voëlkyk, skaapskeer (in seisoen) en gesonde plaaslewe. Te danke aan die ongerepte omgewing kan mens die asemrowende Melkweg bewonder soos dit saans die hemelruim ophelder. Naby geleë is die Langkloof gholfbaan (6 km van Mount Africa). Die omgewing is oorvloedig met fauna en flora en baie bekend vir sy biodiversiteit. Gaste besoek gereeld die volgende besienswaardighede in die omgewing: • Knysna • Tsitsikamma-woud • Jeffreysbaai • Kangogrotte • Klein Karoo Nasionale Kunstefees. • Prince Alfred pas

Request a QuoteGalleryFacilitiesReviewsMapRestaurants